Kenner sê SAPD se magsvertoon by Nkandla was nie tevergeefs

Die Suid-Afrikaanse polisiediens het gister ‘n reuse-operasie van stapel gestuur vir oudpresident Jacob Zuma se inhegtenisneming om sy vonnis van 15 maande vir minagting van die hof te begin uitdien. Die polisie was volgens berigte voorbereid op enigiets, maar Zuma het homself uiteindelik sonder slag of stoot oorgegee. Baie mense het gewonder of so ‘n groot uitgawe nodig was net om een man in hegtenis te neem. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies sê egter die polisie moes die ergste verwag.