BeFree Youth bevorder gesonde bande tussen mans

Die #BeFree Youth onder die kantoor van die vorige presidentsvrou, Monica Geingos, bied ‘n geleentheid aan om bewustheid oor gesonde manlike bande te kweek, deur middel van paneelbesprekings. Deur hierdie aktiwiteite poog hulle om dialoog en samewerking tussen deelnemers aan te moedig. Hierdie dialoog poog om mans te bemagtig om te pleit vir ‘n veiliger en meer ondersteunende omgewing vir almal. Kosmos 94.1 Nuus het met Kaarina Itah, die hoof van programme by One Economy Foundation, gesels wat meer oor die geleentheid verduidelik.