Skryf nou in vir die Bergfiets vs Resiesduif wedren!

Registrasies is oop vir die opwindende Bergfiets vs Resiesduif wedren-stryd by die Intelligence Support Against Poaching kamp in Okahandja, wat van 14 tot 16 Junie plaasvind. Registrasie is 2 000 Namibiese dollar vir ‘n span en 350 dollar vir besoekers. Die duiwe sal vanaf die ISAP-fasiliteit tot by Rehoboth vlieg, of ‘n afstand van 150km. Die fietsryers sal ‘n afstand van 45km aflê. Elke fietsryer sal ‘n duif kies, en die wedren is dan tussen die fietsryer en die spesifieke duif. Die geleentheid sal ‘n prettige fondsinsamelings-geleentheid vir ISAP wees, volgens ISAP se Fritz Kaufmann.