Kragkrisis moet met dringendheid aangespreek word

Die Defend our Democracy-veldtog doen ‘n beroep op die regering om die kragkrisis met dringendheid aan te pak. Volgens die organisasie word radikale deursigtigheid vereis om openbare vertroue te verdiep, met daaglikse mededelings deur President Cyril Ramaphosa en die kabinet oor die krisis. Die organisasie se woordvoerder, Duduetsang Mmeti, sê ‘n geïntegreerde, goed-gesinchroniseerde en geloofwaardige plan is nodig om die probleme op kort- en mediumtermyn op te los: