DNS-monsters bekom na vrou, 80, verkrag en vermoor is

Die Oshikoto-polisie sê hy het DNS-monsters van twee verdagtes wat geestelik versteurd is verkry in verband met ‘n moord- en verkragtingsaak van ‘n 80-jarige vrou. Die moord het by Omainda-nedersetting naby Omuthiya plaasgevind. Daar word beweer dat die verdagte die oorledene met ‘n panga aangeval het in die veld. Twee minderjarige kinders van 3 en 4 jaar oud het die aanval op hul ouma, Elina Samuel, aanskou. Die ondersoek duur voort.