BEE word nie in SA heroorweeg nie – Cyril

President Cyril Ramaphosa sê breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging in Suid-Afrika word beslis nié bedreig of heroorweeg nie. Nasionale Tesourie het onlangs wysigings aan die omstrede voorkeurverkrygingsregulasies in die Staatskoerant gepubliseer. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief die regering se beleidsraamwerk het nie verander met die bekendstelling van hierdie regulasies nie en ook nie die verbintenis tot dienslewering en swartbemagtiging nie. Ramaphosa sê die nuwe regulasies het geen invloed op die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging nie.