BEE moet waai, meen ActionSA

ActionSA het sy visie en missie uiteengesit voor volgende jaar se algemene verkiesing. Die party se president, Herman Mashaba, sê hulle sal saam met voormalige staatsamptenare werk terwyl hulle Suid-Afrika vorentoe neem. Hy sê die uitwissing van swart ekonomiese bemagtiging sal een van die besluite wees wat hulle sal neem indien hulle verkies word. Mashaba sê ‘n eerste beleidskonferensie sal binnekort gehou word: