VSA-kind wat onderwyser skiet, het blykbaar ander verwurg

Die sesjarige kind wat ’n onderwyser by ’n skool in die Amerikaanse deelstaat Virginia geskiet het, het na bewering eenkeer ’n onderwyser verwurg totdat sy nie kon asemhaal nie. Dit is volgens ’n regskennisgewing wat deur die beseerde onderwyser ingedien is. Die onderwyseres wat geskiet is beoog om die skooldistrik waar sy werksaam was te dagvaar vir beweerde nalatigheid. Sy sterk aan nadat sy op 6 Januarie by die skool deur die kind geskiet is.