Bedryfverbindings onder die loep by arbeid

Die arbeidsministerie, in vennootskap met die Namibiese Statistiek-agentskap en die Internasionale Arbeidsorganisasie, het die 2019 Maatskaplike Rekeningkundige Matrix-model vir Namibië bekendgestel. Die ministerie se woordvoerder, Jeremiah Namalenga, sê dit bied ‘n omvattende raamwerk vir die ontleding van die verbindings tussen verskeie sektore in die ekonomie. Namalenga beklemtoon verder hierdie model brei sy toepassings uit na onder meer handels- en belastingbeleid, sektorale beplanning, assessering van indiensnemings-uitwerkings en die bemagtiging van bedryfsdeelnemers.