Tshwane werk steeds met spaza-winkels en voedselveiligheid

Die Stad Tshwane verskerp sy optrede teen onwettige spaza-winkels en ondernemings wat verouderde of besmette voedsel verkoop. Dit volg op onlangse voorvalle van siekte en sterftes wat met spaza-winkelprodukte verband hou. ‘n Gesamentlike span het onder leiding van amptenare van die Departemente van Gesondheid, Sekerheid en die Metropolisie, verskeie verbodsbevele en boetes uitgereik vir nie-nakoming van gesondheidsverordenings. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, vra gemeenskapsbetrokkenheid by die aanmelding van onwettige bedrywighede wat met voedselveiligheid verband hou: