Malaria-entstof in Afrika versprei

Kameroen het meer as 330 000 dosisse van ‘n nuwe malaria-entstof ontvang – die eerste wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie goedgekeur is. Die land se gesondheidsminister, Manaouda Malachie, het dit as ‘n geskiedkundige oomblik beskryf. Kenia, Ghana en Malawi het reeds begin om die entstof te versprei, wat in vier dosisse toegedien moet word. Oor die volgende paar weke word aflewerings in Burkina Faso, Liberië, Niger en Sierra Leone verwag. Afrika is verantwoordelik vir die oorgrote meerderheid van malariagevalle wêreldwyd.