Kommer oor sprinkaanplae in Suide

Boere in die Suide het groot kommer oor sprinkaanplae wat hulle probeer om onder beheer te kry. Dolf de Wet Juniur wat in die omgewing van Grünau boer, sê in sy geweste is die plae nog nie so erg nie, maar by Warmbad en Ariamsvlei is dit oorweldigend. Hy sê boere spuit weke aan een elke dag en boonop word gesukkel om gif teen sprinkane in die hande te kry. Die Landbouministerie het vroeër bevestig dat 705 000 hektaar reeds verwoes is waarvan die meerderheid in die Suide is. Dolf de Wet Jnr. naby Grünau het met Kosmos 94.1 gepraat.