Bedreigde voëls van REST veilig by N/a’an ku sê

‘n Span van N/a’an ku sê het Dinsdag gevlieg om die bedreigde voëls en ’n aasvoël-kuiken by die Rare and Endangered Species Trust, oftewel REST, in die omgewing van Outjo te gaan haal. Dit volg nadat die N/a’an ku sê stigting het die Windhoekse hoërhof genader HET om ‘n dringende hofbevel te kry om die Namibiese omgewingsministerie te stop om die voëls by REST te verwyder en te hervestig. Die voëls bestaan uit verskeie bedreigde roofdiere soos aasvoëls, arende en uile. Marlice van Vuuren van N/a’an ku sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit gaan goed met die voëls.