Min planttyd oor vir mielieboere

Daar is min tyd vir mielieboere oor om te begin mielies plant, maar sommiges wag nog vir die reën. Volgens boere in die Mieliedriehoek van Namibië is reënvalsyfers wisselvallig en val reën kol-kol. Daar is gemengde gevoelens oor die plantseisoen met talle boere wat  nog nie begin mielies plant het nie, terwyl sommiges al die kans gewaag het om op droëland te begin plant. Kosmos 94.1 nuus het met Dawie Kok, ‘n mielieboer oos van Grootfontein, gepraat.