Dragonfly Aerospace lanseer eerste beeld-satelliet

Dragonfly Aerospace in Stellenbosch het pas sy eerste beeld-satelliet, EOS SAT-1, gelanseer. Die satelliet is die wêreld se eerste landbou-gefokusde satelliet-konstellasie, of satelliet-groep wat as ‘n eenheid saamwerk. Volgens die maatskappy sal EOS SAT-1 die landbou- en bosbou-bedryf van doeltreffende data en inligting voorsien vir oes-monitering, toepassings-kartering, seisoenale beplanning en assesserings. Die satelliet sal inligting soos grond-vog, opbrengs-voorspelling en bio-massavlakke ontleed, wat produsente sal steun in die stryd om die vermindering van koolstofdioksied-vrystellings, asook die ontwikkeling van volhoubare landboumetodes sonder geldelike verlies.