Namibië sal vra vir afgradering van witrenosters

Namibië sal by CoP19 wat in Panama in November plaasvind, die bewaringsowerheid Cites vra om die witrenoster se status af te gradeer van aanhegsel een tot twee. Een is vir diere wat met uitwissing bedreig word terwyl twee effe minder beskerming geniet. Die omgewingsministerie sê dit sal toelaat dat daar handel met lewende diere getref kan word, sowel as benutting in die trofeejag bedryf. Namibië se witrenoster-bevolking het van 16 diere in 1975 tot 1 237 diere tans, gegroei met die groter meerderheid, 952, wat in privaatbesit is. Die huidige klassifikasie van die diere maak dit baie moeilik vir owerhede om fondse te genereer omdat hy nie met die huidige status enige voldoende mark vir oortollige diere kan vind nie.