Bazoum het nie probeer ontsnap nie 

Niger se afgesette president Mohamed Bazoum word op ‘n geheime plek aangehou deur die junta wat die mag in die Wes-Afrikaanse staat einde Julie oorgeneem het, het prokureurs wat hom verteenwoordig gesê. Hulle ontken enige beskuldigings dat die president probeer ontsnap het. Die junta het laat verlede gesê dat Bazoum en sy gesin, met die hulp van medepligtiges in die veiligheidsmagte, beplan het om ‘n voertuig na die buitewyke van die hoofstad Niamey te ry en ‘n helikopterrit na die naburige Nigerië te haal.