Bavuma wens Bokke geluk met kwarteind-oorwinning

Rugby: Die kaptein van Suid-Afrika se krieketspan, Temba Bavuma, beskryf die Springbokke as inspirerend na Sondag se naelbyt Wêreldbeker-kwarteind teen Frankryk in Parys. Die verdedigende kampioene het die gashere met ʼn enkele punt getroef om na die voorlaaste ronde deur te dring. Hulle kom daar te staan teen Engeland, vir wie hulle oortuigend geklop het in die eindstryd van die vorige toernooi. Die wedstryd het eers in die vroeë oggendure in Indië geëindig, waar die Proteas tans vir die Wêreldbeker gestasioneer is, en Bavuma erken dit was maar moeilik om gisteroggend aan die gang te kom.