Banyana-spelers verdien minder as Bafana-spelers

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo, het kommer uitgespreek omdat Banyana Banyana-spelers steeds minder as hul manlike eweknieë betaal word. Banyana Banyana is as die wenners van die Afrikabeker vir Vroue gekroon nadat hulle Marokko Saterdag verslaan het. Parlementswoordvoerder, Moloto Mothapo, sê die voorsittende beamptes doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging en die onderskeie borge om die gaping in die vergoeding van vroue in die sport aan te spreek: