Liz en Rishi sal Rwanda-plan vir migrante hou

Die twee oorblywende Tory-kandidate, Liz Truss en Rishi Sunak, het beloof om voort te gaan met die regering se omstrede Rwanda-asielstelsel. Die regering sê die stelsel waarvolgens asielsoekers na Rwanda teruggestuur word, sal keer dat migrante uitgebuit word. Sunak sê hy sal alles in sy vermoë doen om dit te laat werk, terwyl Truss sê sy sal dit ook na ander lande uitbrei. Tot dusver het regsuitdagings gekeer dat enige vlugte volgens die beleid plaasvind.