Banyana Banyana vanaand in eindstryd teen Marokko

Sokker: Banyana Banyana speel vandag teen die gasvrou, Marokko, in die eindstryd van die Afrika-bekertoernooi vir vroue. Afskop is vanaand tien-uur. Die gewese Banyana-afrigter, Greg Mashilo, sê Suid-Afrika het genoeg talent om tot Afrika se sokker-koninginne gekroon te word. Hy het breier Desiree Ellis geloof vir haar toewyding aan die span, en sê Banyana kan beslis die beker inpalm.