Man se geweer weier toe hy Argentynse vise-president wou skiet

Argentinië se vise-president, Cristina Fernández Kirchner, lewe net omdat ‘n sluipmoordenaar se geweer geweier het toe hy haar wou skiet. Kirchner was besig om ondersteuners buite haar huis te groet toe ‘n man uit die skare kom en ‘n geweer in haar gesig druk.  President Alberto Fernández het gesê dat die geweer gelaai was met vyf koeëls, maar dit het geweier toe die man die sneller trek. Kirchner is betrokke in ‘n korrupsie verhoor en was op pad terug hof toe. Die man is gearresteer en polisie probeer om ‘n motief vir die aanval vas te stel. Kirchner word daarvan beskuldig dat sy die staat bedrieg het en dat sy kontrakte vir openbare werke op bedrieglike wyse in Patagonië toegeken het terwyl sy tussen 2007 en 2015 president was. Sy ontken alle aanklagte.