Bantu soek vergadering oor Phala Phala

Die leier van die UDM in Suid-Afrika, Bantu Holomisa, het die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, versoek om dringend ʼn vergadering met die leiers van die politieke partye in die Parlement te belê. Dit volg na berigte dat die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, die gebruik van polisiehulpbronne gemagtig het om die verdagtes te vind in die beweerde diefstal twee jaar gelede by president Cyril Ramaphosa se plaas, Phala Phala, in Limpopo. Volgens Holomisa is die aangeleentheid van nasionale belang: