Amper 80% van Namibiese skole het geen kommunikasietegnologie nie

Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, sê ongeveer 1 400 uit 1 800 Namibiese skole, wat 78 persent verteenwoordig, het geen inligting- en kommunikasietegnologie-infrastruktuur nie. Volgens Cran se uitvoerende hoof Emilia Nghikembua, is daar ‘n ontleding gedoen en daar is ook bevind dat hoewel 89 persent van die bevolking toegang tot 3G en 4G het, is dekking in streke soos die Kunene, Kavango-Oos en Kavango-Wes onder 50 persent. Namibië se slimfoonpenetrasie is tans op 53 persent met net 36 persent van die verbruikers wat gebruik maak van breëband mobiele internet. Die Wêreldbank sê Namibië is agter sy streeksgenote wat tans op onderskeidelik 65 persent en 52 persent lê.