Negatiewe Covid-toets nodig vir Statebondspele

Weens die streng Covid-maatreëls wat die reëlingskomitee van die komende Statebondspele in Birmingham, Engeland, ingestel het, eis Spele organiseerders dat deelnemers voor hul vertrek na Engeland negatief vir Covid-19 moet toets. Atlete sal ook met hul aankoms getoets word. Die doel hiermee is om te probeer voorkom dat die Spele lamgelê word deur die verspreiding van die virus. Sowat 5 000 atlete van 72 lande sal aan die Spele deelneem, wat die twee Namibiese naellopers Christine Mboma en Beatrice Masilingi insluit. Dit begin op 28 Julie en duur tot 8 Augustus.