Zverev is sy titel kwyt

Tennis: Die top-gekeurde Alexander Zverev se droom van ‘n derde tuis-titel in München is verydel deur ‘n skok-nederlaag in skoonstelle in sy kwarteindstryd teen die Chileen, Cristian Garin. Garin wat 106de gekeur is, het Zverev stil gespeel met ‘n oorwinning van 6-4, 6-4 in twee ure. Die Chileen pak nou die Amerikaner Taylor Fritz, wat moes inhaal om Jack Draper van Brittanje 4-6, 6-3, 7-6 te klop.