Auas-brand geblus, Stad Windhoek sê dankie

Stad Windhoek het te kenne gegee dat die brande in die Auasberge geblus is. Lede van die Windhoek-brandweer sowel as die polisie en weermag het sedert Woensdag die brand bestry. Die stad het sy dank uitgespreek teenoor lede van die publiek wat bystand gebied het. Die Old Mutual-stigting het ook ‘n skenking van 2 000 dollar in die vorm van drinkgoed en kos gemaak en The Barn het ook toebroodjies en water geskenk.