Banke eis N$42m op 29 eiendomslenings

Daar was 141 aansoeke om verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend waarvan 28 reël 108 aansoeke was. Regters Boas Usiku en Thomas Masuku het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 60 aansoeke gebring. Die banke eis 29 eiendomme met uitstaande skuld van 42 miljoen Namibiese dollar op. Vier voertuie moet terugbesorg word en 27 lenings, met 7,7 miljoen dollar is nou betaalbaar.