Reaksie op Hyphen se N$102m lening

Reaksie word ontvang op die nuus dat Hyphen Hydrogen Energy en die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika ʼn lening van 5 miljoen euro, of 102 miljoen Namibiese dollar beklink het. Die fasiliteit sal gebruik word vir Hyphen se groen-waterstofprojek in Namibië. Die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing Graham Hopwood sê die lening op sy eie, wek groot kommer en dan ook die geheimhouding van die ooreenkoms. Hy verduidelik.