Moenie geld bestee wat jy nie in jou sak het nie

Die ekonomie is onseker en so ook toestande vir volgende jaar. Daar is voorspellings dat inflasie moontlik kan daal in die nuwe jaar maar, almal is dit eens – tye sal nog ‘n geruime tyd moeilik bly. Met die feesseisoen op hande, moet verbruikers uiters versigtig wees met besteding omdat daar verskeie faktore is wat die uiters reaktiewe Namibiese ekonomie kan raak. Unam-ekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu verduidelik.

Sy raad aan huishoudings is moenie bestee wat jy nie in die hand het nie.