Namibiese staatseffekte presteer goed op JSE

Cirrus het in 2019 in vennootskap getree met Absa NewFunds, ‘n beursverhandelde fonds waarin net Namibiese staatseffekte verhandel word. Op die oomblik is die fonds een van die toppresterende fondse onder buitelandse effekte wat op die Johannesburg effektebeurs genoteer is. Cirrus sê die fonds het met 9,9 persent in die afgelope 12 maande gegroei.