Real Madrid veg deur na Kampioeneliga-eindstryd

Sokker: Die 14-malige kampioen, Real Madrid, het in die tweede deel van die halfeindronde teruggeveg en Bayern Munich met twee-een verslaan om die Kampioeneliga-eindstryd met ʼn vier-drie-totaal te haal. Alphonso Davies het Bayern ʼn voorsprong gegee wat hulle 88 minute lank behou het. Doelskopper Joselu het in die bestek van drie minute twee laat doele aangeteken en Madrid ʼn plek in die eindstryd besorg. Hulle kom op die eerste van volgende maand in Londen teen Borussia Dortmund te staan. Madrid se bestuurder, Carlo Ancelotti, was tevrede met die vertoning.