Elon sal nie op Twitter-raad dien nie

Die Tesla-baas Elon Musk gaan nie op Twitter se raad dien nie. Hy het ‘n  9,2persent aandeel in dié sosialemediaplatform gekoop en is ‘n plek op die raad aangebied. Sy aanstelling sou Saterdag van krag word. Twitter se uitvoerende hoof, Parag Agrawal, sê Musk het die aanbod van die hand gewys. Hy sê hulle het altyd en sal altyd aandeelhouers se insette waardeer, of hulle op die raad dien of nie. Agrawal voeg by Musk is die maatskappy se grootste aandeelhouer en sy insette sal altyd in ag geneem word.