VSA se 6 Januarie-komitee aanvaar dalk vandag verslag

Die verkose 6 Januarie-komitee van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers sal na verwagting sy finale verslag amptelik aanvaar en vandag op ‘n openbare vergadering oor moontlike strafregtelike sanksies stem. Die komitee het die afgelope 11 maande meer as 100 onderhoude gevoer, insluitend met sommige in oud-president Donald Trump se binnekring en sy familie, en meer as ‘n 1 000 verklarings oor dokumente ondersoek. Die Demokraat Adam Schiff sê hy glo daar is voldoende bewyse om Trump strafregtelik te vervolg vir sy pogings om 2020 se verkiesing omver te werp.