Marcheline Meyer van Gibeon is Julie se Entrepreneur

Die Entrepreneur van die maand Julie is Marcheline Meyer, die stigter van Shadey’s Livestock and Poultry Farm, sowat 45 kilometer buite Gibeon in die Kharas-streek. Sy is deur die Olafika SME Ontwikkeling- en mentorskapsprogram aangewys. Meyer het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê haar besigheid teiken plaaslike winkels en slaghuise wat vleis, hoenders, eiers, vrugte en groente verkoop. Sy sê haar droom is om jong mense te inspireer en te bemagtig en ‘n werkloosheid uit te wis.