Walvis vir derde dag sonder water

Met net een watertoevoerpyp wat Walvisbaai voorsien en nou beskadig is, is die dopr vir sy derde dag sonder water. Die 40-jaar oue pyp het ‘n lekkasie wat nog nie herstel is nie. Inwoners sit met hul hande in hul hare. Die kommunikasie beampte van die munisipaliteit Caty Sheya sê water tenks is intussen aangebring. Sy sê ook die spanne werk onverpoos om die situasie op te los.