Baldwin-skietery: kriminele klagte steeds moontlik

Uit die VSA word daar berig dat kriminele klagte steeds gebring kan word in die skietvoorval waar Alec Baldwin die kinematograaf Halyna Hutchins doodgeskiet het. Die voorval het die stel van sy jongste rolprent Rust voorgekom. Ondersoekers sê daar was baie selfvoldaanheid in verband met veiligheid op die stel en een van die personeel wat betrokke was by die vuurwapens is voorheen afgedank vir oortredings in verband met veiligheid. Meer as 500 rondtes ammunisie is op die stel gevind en die wapen wat Baldwin gebruik het was gelaai met lewendige ammunisie. ‘n Lood koeël is uit die skouer van die regisseur Joel Souza gehaal. Dieselfde rondte het Hutchins se dood veroorsaak. Owerhede sê die koeël moet naspeurbaar wees.