MTC moet of deel, of vrywaring kry, sê Cran

Die hoof uitvoerende beampte van die kommunikasie owerheid, Cran, Emilia Nghikembua sê die deel van kommunikasie infrastruktuur is tot die voordeel van die verbruikers. Volgens haar is die bepaling om infrastruktuur te deel in die wet vervat sowel as die vierde pilaar van die Harambee welvaartsplan. MTC het onlangs gesê hulle sal die bepaling dat infrastruktuur gedeel moet word, uitdaag. Dit volg na die maatskappy opdrag gegee is om MTN toegang te gee. Nghikembua sê ‘n telekommunikasie maatskappy kan ‘n vrywaring by Cran bekom maar, dat MTC geen so vrywaring het nie. Sy het bygevoeg dat enige diensverskaffer by Cran kan aanklop om aansoek te doen om vrywaring. Verbruikers kry beter toegang tot inligting met infrastruktuur en gemeenskappe kan voordeel trek en fondse wat in ander projekte as infrastruktuur belê word.