Bakleiery oor SPYL se sekretarispos

Willem Amutenya, sekretaris van arbeid en geregtigheid van die Swapo-party se jeugliga, het die prokureur Kadhila Amoomo aangestel om die keuringsverslag van sy kandidatuur vir die vleuel se sekretarispos te eis. Die pos, wat tans deur Ephraim Nekongo beklee word, sal betwis word tydens die liga se sewende kongres wat tans in Ongwediva, Oshana-streek aan die gang is. Amutenya is deur die Oshikoto-streek genomineer om vir die pos mee te ding.