Groep in Zambezi sleep Masisi Den Haag toe

Die Caprivi Concerned Group het ‘n klag teen die Botswana President Mokgweetsi Masisi en sy hoof van verdediging Placid Segokgo by die internasionale strafhof gemaak. Dit volg na die skietdood van die drie Nchindo-broers en hul neef in November 2020. Die Botswana-weermag het die vier doodgeskiet terwyl hulle visgevang het op die land se grens in die Chobe-river. Edwin Samati, die sekretaris-generaal van die groep is het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.