ANC-regering werk aan aksieplan vir kragkrisis – Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die ANC-regering werk hard daaraan om ‘n nasionale energie-aksieplan in te stel ten einde die huidige voorsiening van energie te verhoog en energiesekerheid op die lang termyn te bewerkstellig. Hy het die afsluitingsrede by die Presidensiële Sake-rondetafel tussen Suid-Afrika en Finland in Pretoria gelewer. Ramaphosa sê ’n billike oorgang na ’n lae-koolstof, klimaatbestande en groener ekonomie is deel van die land se globale verpligtinge ten opsigte van klimaatsverandering:

Intussen sê Ramaphosa voedselproduksie en die groeiende vrugte- en vleisbedryf in Suid-Afrika kan ‘n bron van voedselsekerheid vir Finland wees. Hy sê hy is teleurgesteld die Europese Unie skerm teen Suid-Afrikaanse boerderyprodukte, met sitrusvrugte die mees onlangse geval: