Bafana kry 5-0 pak

Bafana Bafana lek hulle wonde nadat Frankryk hulle gisteraand met 5-0 geklop het in ‘n vriendskaplike internasionale wedstryd. Kylian Mbappe het twee van die gashere se doele aangeteken, een in die 23ste minuut en die tweede in die 81ste minuut. Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê die telling was nie so belangrik soos die ondervinding nie en sy jong span het meer gehalte getoon as ses maande gelede.