Vyf dood in Israel-aanval

Die Israeliese polisie het ‘n aanvaller doodgeskiet wat gisteraand vyf mense aan die buitewyke van Tel Aviv doodgeskiet het. Dit is die derde soortgelyke aanval in die land dié week. Die jongste aanval was in een van Israel se mees digbevolkte ultra-Orthodokse Joodse gebiede. In die vorige twee aanvalle is ses mense dood. Ooggetuies het aan media gesê gisteraand se aanvaller het lukraak uit die passasierskant van ‘n voertuig op verbygangers geskiet. Eerste minister Naftali Bennett beskryf die geweld as ‘n moorddadige vlaag Arabiese terrorisme.