Joe Biden toets positief vir Covid-19

Amerikaanse President Joe Biden het vanoggend positief vir die korona-virus getoets. Dit Withuis het pas die nuus bekend gemaak. Volgens internasionale media toon hy slegs matige simptome van Covid-19. Hy word behandel met Pfizer se Paxlovid. Die president sal by die Withuis isoleer en sal voortgaan om al sy pligte ten volle uit te voer gedurende sy isolasie-tyd, het die Withuis se perssekretaris Karine Jean-Pierre gesê.