Nierversaking in die soeklig

Wêreld-nierdag wat môre gevier word, is belangrik om bewustheid te kweek omdat sterftes weens niersiektes toeneem. Dit is die mening van die hoof van Nefrologie in die Departement Interne Medisyne aan die Universiteit van die Vrystaat, Feziwe Bisiwe. Bisiwe sê na raming ly een uit elke 13 Suid-Afrikaners aan chroniese niersiekte en sowat 250 mense wêreldwyd sterf daagliks aan die gevolge van niersiektes: