Baba kom in spitsverkeer, op ‘n hoofweg

‘n Australiese ma het vanoggend tydens spitsverkeer in ‘n fietsbaan, langs ‘n pad in Brisbane, geboorte geskenk aan ‘n baba seuntjie. Stephen Mohan het sy vrou, Aishling, gehelp met die geboorte van die kleintjie totdat ‘n dokter en vroedvrou toevallig daar verbygekom het. Die trotse ouers het aan die media gesê hulle was albei geskok, maar het nie paniekerig geraak nie. Die pa is daarna gelukgewens omdat hy kalm gebly het en sy vrou herinner het om asem te haal.