Baba-Bokke sê hulle is reg vir die Argentyne

Die Junior-Springbok-vleuel, Cana Moodie, sê hulle verwag ‘n taai wedstryd vandag teen Argentinië in die Onder-20 Internasionale Reeks in Stellenbosch, in die Wes-Kaap. Suid-Afrika het Uruguay Vrydag met 29-10 in hulle openingswedstryd in dieselfde stadion geklop, maar dit was Los Pumitas se wegholoorwinning van 82-10 oor Georgië wat die standaard van die toernooi gestel het. Moodie sê hy steur hom nie daaraan dat Argentinië as die gunstelinge vir hulle kragmeting gesien word nie: