Windhoek amper heel goedkoopste

Die lewenskoste verslag van Mecer vir 2021 is bekend. Die verslag poog om maatskappye wat personeel na ander lande toe stuur om daar te werk, by te staan in verband met lone en meer. Dus, het die ondersoek net gekyk na die koste vir buitelanders wat in ‘n spesifieke land werk. Windhoek is 204de uit 209 stede geplaas. Verlede jaar was Windhoek 208ste geplaas en dus, het met ‘n telling van vier duurder geword. Die duurste stad is Ashgabat in Turkmenistan met Hongkong tweede en Beirut derde. Beirut se telling het met 42 punte geklim teenoor verlede jaar. Die goedkoopste stad is Tbilisi in Georgië met Lusaka in Zambië net na hom geplaas.