Landbou vertoon baie goed in SA

Die Landbou-sakekamer van Suid-Afrika is deels tevrede met die groeitempo in die land se landbousektor. Die vennootskap-programme tussen die regering, boere en agri-besighede toon positiewe resultate vir die integrasie van swart boere by kommersiële landbou. Die sektor se totale produksievolume vir 2020 was 19 persent hoër in vergelyking met ‘n dekade gelede. Wandile Sihlobo van die sakekamer sê die groei is tussen al die onderafdelings versprei: