Libië, moontlike Opul besnoeiings, stoot Brent op

Olie het vanoggend met vanoggend met byna 1 persent gestyg, in reaksie op moontlike besnoeiings in Opul se produksie en die konflik in Libië. Saoedi-Arabië het verlede week die moontlikheid van produksiebesnoeiings geopper, wat volgens bronne kan saamval met ‘n hupstoot in die aanbod vanaf Iran sou die kernooreenkoms weer herleef word. Opul en sy vennote, wat Rusland insluit vergader weer op 5 September om beleid vas te stel. Brent ru-olie verhandel tans rondom 101 Amerikaanse dollar. Die plaaslike brandstofprys sal eers volgende week aangekondig word. Die prys styg normaalweg op die eerste Woensdag van die maand.